Op

Tuisblad
Ander Aktiwiteite
Gebiedsdagbestuur
Gebiedsplan
Gebiedskampe
GGA en GGN
Korrespondensie
Oorde en Komm
Veiligheid
Gebiedsleier
Skakels
Terreine
Fotos

 

   

Tarentaalstraat

Bespreek

Permit

Die Tarrentaalstraat Voortrekkerterrein is geleë 40km buite Vaalwater in die Limpopo provinsie in die hartjie van die Waterberge. Die terrein vorm deel van 'n besondere natuurskoon in die middel van 'n bewaringsarea wat die terrein omring. Die terrein is slegs toeganklik vir lede van Die Voortrekkerbeweging en kan geen buitepersone akkomodeer nie.

 

Daar is 'n volledig toegeruste kampterrein beskikbaar wat onder andere die volgende insluit:

¨       Saalkompleks met kombuis en afdak

¨       Ablusiegeriewe vir mans en dames

¨       Houthuisies vir kampeerders

¨       Staanplekke vir tente/woonwaens

¨       Elektrisiteit en warm water

 

Geen vuurmaakhout word voorsien nie en mag ook nie uit die veld gehaal word nie.  Alle rommel moet self deur die kampeerders verwyder word wanneer die kamp verlaat word.

 

Die terrein is ideaal geskik vir die meer avontuurlustige kampeerder wat graag spanbou sou wou be-oefen of selfs aan die legio natuurgerigte spesiale onderskeidingskentekens wou voldoen. Kleiner kommando's of spanne kan gerus van die kampterrein gebruikmaak.

 

Die Kampraad van Rhus Keeti Veldwerkkamp kan met vooraf-reëlings sekere aktiwiteite aanbied vir kampeerders wat die volgende insluit:

¨       Kentekenaanbiedings (vir Penkoppe, Drawwertjies asook Verkenners)

¨       Abseil en rotsklim

¨       Natuurstaptogte

¨       Perderitte

 

Kontak Die Voortrekkers se Transvaalse gebiedskantoor vir verdere inligting:

 

Telefoon:         012-430-3914

Faks:              012-430-3544

Epos:              transvaal@voortrekkers.org.za

Webblad:         http://transvaal.voortrekkers.org.za