Op

Tuisblad
Ander Aktiwiteite
Gebiedsdagbestuur
Gebiedsplan
Gebiedskampe
GGA en GGN
Korrespondensie
Oorde en Komm
Veiligheid
Gebiedsleier
Skakels
Terreine
Fotos

 

   

Jopie Fourie

Bespreek

Reels

Die Jopie Fourie Voortrekkerterrein is geleë 20km buite die stadskern van Pretoria en ongeveer 10km buite Akasia in die hartjie van die Bosveld teen die hange van die Magaliesberg in die De Wildt-omgewing.  Die terrein is 'n besondere kultuurskat aangesien die Jopie Fourie gedenkteken hier sy finale rusplek ontvang het.

 

Die terrein van ongeveer 3000m2  is aangrensend tot die hoofpad wat Brits, Pretoria-Noord asook die Hartbeespoortdam met mekaar verbind en is maklik bereikbaar vanaf die Rand.

 

Die terrein is ideaal vir kleiner kampgroepe asook vir werksfunksies wat in die buitelug gehou wou word.  Die volgende fasiliteite is beskikbaar:

¨       'n Afdak met opslaan kante

¨       Aparte kombuis

¨       Ablusiegeriewe vir Mans en Dames met storte

¨       Sentraal geleë vir toegang tot Hartbeespoortdam asook Pretoria

 

Kampering vind plaas in tente wat kampeerders self moet voorsien. Geen vuurmaakhout word voorsien nie en mag ook nie uit die veld gehaal word nie.  Alle rommel moet self deur die kampeerders verwyder word wanneer die kamp verlaat word.

 Die terrein is ideaal geskik vir kleinder groepe.

 

Kontak Die Voortrekkers se Transvaalse gebiedskantoor vir verdere inligting:

 

Telefoon:         012-430-3914

Faks:              012-430-3544

Epos:              transvaal@voortrekkers.org.za

Webblad:         http://transvaal.voortrekkers.org.za