|
Hartbeesfontein
| |
 |
 |
 |
 |
|
| |
Akkomodasie |
Kampering |
Ontspanning |
Terrein |
|
|
Kom beleef en ervaar die rustigheid en natuurlike prag van ons semi-bosveld
kampterrein geleë 45km noord-oos van Pretoria op die KwaMhlanga pad
naby Cullinan. Die plaas beslaan 135 hektaar semi-bosveld in
ongerepte natuur met ‘n pragtige kampterrein daarop.
Die kampterrein saam met die omliggende veld is ideal vir leierskap
ontwikkeling en –kampe, kreatiewe denke ontwikkeling, geestelike en
persoonlike verryking, avontuurkampe en lewensvaardigheidskampe.
Ons
beskik oor slaapplek vir 170 persone met aparte lokale vir meisies,
seuns en toesighouers. Hiermee saam ‘n goed toegeruste kombuis met
instap vries- en yskasfasiliteite. Kom
speel en baljaar in ‘n baie ruim saal (260m²). Die saal is ideal vir
groepspele, onthale en danse. Ook tot u beskikking is vier ruim
lesinglokale toegerus met tafels, stoele, oorhoofse projektors en
blaaiborde.
Vir vryetydbesteding en/of georganiseerde aktiwiteite is daar ‘n
groot swembad, vlugbalbaan, literiabaan, groot oop ruimte asook
voldoende voëlkyk en stapgeleenthede. Bome wat op die terrein
voorkom is ook vir identifisering gemerk.
Kom kuier in ons lapa tot laat om ‘n lekker bosveld vuur en ervaar
die sterre in hulle volle prag en glorie.
Kampeerders is baie welkom om van ons 20 goed toegeruste (krag- en
waterpunte en braaigeriewe) woonwa staanplekke met netjiese
ablusiegeriewe gebruik te maak.
Sien is glo. Maak ‘n afspraak en kom besigtig ons kampterrein voor u
u volgende kampterrein bespreek.
|