Daar is niks
so mooi as om die son te sien opkom oor die Vaaldam nie. De Bank is ongveer 160
km vanaf Pretoria/Johannesburg, reg langs die reuse Vaaldam en by die rustige
plattelandse dorpie Oranjeville.
Die 8 hektaar
terrein, met groot golwende grasperke en reuse Bloekombome le in die waai van
die Wilgerivier gedeelte van die Vaaldam. Oor naweke word die dam voor die
terrein gereeld besoek deur seiljagvaarders wat op ekskursies vanaf Deneysville
vaar.
Benewens die
natuurskoon, houthuisies onder die bome, swembad, saal en goed ingerigde
kombuis, bied die terrein ook kanos en vlotte te huur aan kampeerders.
Kampeerders met seilervaring kan selfs van die terrein se seilbote huur om vir
'n rustige sononder seil te gaan.
Die oewer
bestaan uit 'n baie veiligte sandstrand waar die water stadig dieper raak.
Alhoewel daar 'n groot swembad is sal die meeste kampeerders sommer in die dam
se skoon water swem en baljaar. Kleiner kinders sal eindelose pret he deur
sandkastele te bou en sommer in die sand teen die oewer te speel.
Die terrein
is ideaal vir avontuur en ontspanningskampe. Spanboue kan met groot sukses
aangebied word in die saal, op die grasperke en selfs in die water met die
vlotte. Kerke en skole vind die terrein veral geskik omdat dit soveel anders is
as dit waaraan meeste kampers gewoond is.
Die terrein
bied slaapplek vir ongeveer 65 mense in houthuisies met kampgeriewe vir vele
meer in karavane en/of tente.
Padaanwysings:
- Neem die N1 Bloemfontein/
Roodepoort
- Neem die N12 Witbank
- Neem die R59 afdraai na
Vereeniging
- Gaan by Vereeniging verby
op die verbypad na Sasolburg
- Net nadat jy oor die
Vaalrivier gery het draai af na Deneysville(Links)
- Volg die bordjies na
Deneysville
- As jy by Deneysville
aankom, kry jy ‘n kruispad voor die dorp, draai regs na Oranjeville, en volg
die bordjies na Oranjeville
-
Ry totdat u 'n aantal
bordjies op linkerhand sien, waaronder 'n groen bord met "Reynecke,
Wilgedraai" en andere.
-
Tersame met hierdie borde
is daar 'n wit bord waarop staan: "Voortrekkerkamp"
-
U sal sien daar is groot
elektriese kabels oor die pad (groot staal) net na hierdie afdraai - draai
om, u het te ver gery.
- Draai links en volg die
bordjies Voortrekkerkamp.
U ry omtrent 4 km grondpad
- Daar is aanwysings tot by
die kampterrein.
(Andersins volg die borde
na "Alea Oord")